black and brown leather padded tub sofa

CHEREE

A House With a Difference

Dedicated Nursing Staff Providing Heartfelt Care, Ensuring Every Moment Matters for Your Loved Ones.

Compassionate Care for Your Loved Ones

We Meet Every Need with Understanding and Respect

By Cheree glo ons dat Oud word ’n Mooi Reis moet wees — met Warmte, Deernis en Veiligheid. Al meer as 18 jaar bied ons ’n Liefdevolle Tweede Huis vir Ons Senior Inwoners.

Ons Personeel is Professioneel én Passievol — met 24/7 Verpleegsorg, ’n Warm Hart en Opregte Aandag aan Elke Inwoner se Unieke Behoeftes.

Elke Dag is Spesiaal:
Van Verjaarsdae tot Valentynsdag, Paasfees, Braaidag, Kersfees en Nuwejaar — ons Vier Alles met Vreugde!

Welkom by Cheree Tehuis vir Bejaardes
’n Huis gevul met Liefde, Waardigheid en Familie
Welcome to Cheree Tehuis vir Bejaardes
A Home Filled with Love, Dignity & Family

At Cheree, we believe growing old should be a Journey of Peace, Care, and Connection. For over 18 years, we’ve Opened our Hearts and Home to Those who Once Cared for us — because Caring for the Elderly is not Just a Job, it’s a Calling.

Our team offers expert 24/7 Nursing Care with Kindness, Compassion, and a Personal Touch. Every Resident is treated with Love, Respect, and Patience.

Every Day is Special:
From Birthdays to Valentine’s, Easter, Braai Day, Christmas & New Year — we Celebrate with Heart!

Wat Ons Bied:
What We Offer:
  • 24/7 Professionele Verpleegsorg

  • 3 x Voedingsryke Etes per Dag

  • Koffie, Tee & Koeldrank tussenin

  • Haarkapper Diens

  • Wasgoeddiens

  • Daaglikse Aktiwiteite & Pret

  • Deernisvolle Sorg vir:

    • Alzheimers

    • Demensie

    • Kanker Sorg

    • Peg-Buise

    • Verswakte Sorg

  • 24/7 Professional Nursing Care

  • 3 x Nutritious Meals Daily

  • Coffee, Tea & Cold Drinks in between

  • Hairdresser Service

  • Laundry Service

  • Daily Activities & Games

  • Loving Care for:

    • Alzheimers

    • Dementia

    • Cancer

    • Pegtubes

    • Frail Care

Cheree - Your Home of Love, Your Haven of Care.

Nursing and Nurturing

Our qualified staff offers 24/7 nursing, meals, and activities to enhance your loved one's happiness.

Safety and Comfort

We provide a secure environment where your loved ones feel at home, safe, and cared for.

Invest in their happiness today by calling us for compassionate care tailored to their needs.

Heartfelt Support

Heartfelt Care

Read our heartfelt reviews from families who trust us with their loved ones.

The compassion and dedication of the staff at Cheree Tehuis is unmatched. My father feels at home and safe here, which brings our family peace of mind.

★★★★★

Goeie môre Engela,

Baie dankie vir jou meegevoel, al die mooi inspirerende bootskappe en omgee, Dankie dat julle so mooi na my ma gekyk het vir die tydjie wat sy daar was. Julle het dit darem bietjie beter gemaak met al die lyding. My ma is nou tot ruste en in 'n beter plek danksy ons Hemelse Vader. Julle moet mooi kyk na julself en wees veilig.

Baie Liefde en groete

Dion

Ons kan vir elkeen van die personeel daar net baie, baie dankie sê vir al jul liefdevolle versorging, julle is almal spesiale Engele wat Ma-Bertie so goed versorg het. Sy was baie lief vir elkeen en ons het baie vrede en rustigheid gehad met haar in jul versorgende hande. Ons harte is vanaand seer en leeg, Julle gaan altyd deel van ons memories bly!

Baie Dankie, God Bless.

Marthina Bertie

André en Engela,

Uit die diepte van ons harte wil ons vir julle dankie sê. Dankie vir die amper 2 jaar wat ons die versorging van Ouma Miem in julle goeie hande kon los. Dankie vir die voorreg dat sy in 'n liefdevolle omgewing met mense wat omgee, haar aardse reis kon afsluit. Ons bid julle alle seën en voorspoed toe vir hierdie wonderlike roeping van julle.

Liefde

Herman, Heleen en Familie

Liewe André en Engela.

Baie dankie vir die tydjie wat ons ou moedertjie kon tuisgaan by julle. Dankie vir al die liefde en omgee. Dankie dat jul gehelp het dat ons mammie se lewensreis so gemaklik as moontlik gemaak is op die einde. Julle en Huis 1 Cheree sal altyd 'n baie spesiale plekkie in my hart hê. Ons bede is dat Liewe Jesus jul ryklik sal seën vir alles wat jul doen vir die bejaardes. Ons bid dat daar altyd sal voorsien word in watter behoefte daar ookal mag wees.

Baie Liefde

Nico & Christelle

Cheree, the best Old Age Home ever!

I have moved my mother to Cheree Old Age Home because of her Dementia condition. This was the best decision I have ever made. They are looking after her so well and she gets so much attention and love from the people working there. The staff at Cheree are truly angels, they went above and beyond to make my mom feel welcomed, giving her their full attention, walking with her, dancing with her, and sharing joyful moments of laughter. My mother looks like a different person, and I can see that she is really happy. Thank you so much to Engela, the owner and all the personnel of Cheree Old Age Home. You are making a huge difference in people's lives. We really appreciate all of you from the bottom of our hearts!

Tillie Pelser

Goeie môre Engela,

Ek wil jou en jou personeel uit die diepte van my hart bedank vir die versorging van my ma. Sy was maar 'n kort tydjie by julle, maar ek kon sien dat sy baie gelukkiger by julle was as by die vorige tehuis. Sy was altyd netjies aangetrek, hare skoon en mooi gekam. Selfs op haar sterfbed was haar naels mooi geverf en het julle elke dag gesorg dat sy skoon klere / nagklere aanhet. Ek wens dat ek vroeër van jou tehuis geweet het. Ek verwys elke dag mense na julle toe en sal voortgaan om dit te doen. Ek wens jou en jou span alles wat goed is toe.

Weereens baie dankie vir alles.

Ann Drinkwater

Liewe suster Madelein, suster Melanie, stafverpleegster Sandra en al die Care Workers, ek wens ek kon elkeen van julle se name hier noem.

'n Warm dankie diep uit my hart aan almal wat die afgelope jaar vir Hermie Vosloo met soveel liefde versorg het. Hy is met respek behandel, sy menswaardigheid is nooit van hom weggeneem nie. My spesiale dank aan staf Sandra wat my die laaste 2 dae van Hermie se lewe met soveel deernis bygestaan het. Dankie ook aan al die Care Workers wat oor hom gewaak het. Dankie dat julle my altyd tuis laat voel het toe ek nog vir Hermie kon gaan kuier het. Dankie vir die liefde wat ek ontvang het. Ek het groot waardering vir elkeen in Huis Cheree.

Mag julle die seën van die Here God ervaar.

Nilla Vosloo

Dear André & Engela,

There are not enough words to thank you for all the things you have done for our dad in the past 13 years he stayed at Cheree. He was always talking about how well cared he was and what a nice place it was at Cheree. He really felt like home. And we appreciate that everyone, Nurses, Sisters and also you and André has given him that feeling. Then we also want to say BAIE DANKIE for all the things you have done and organized for us and during our dad's sickness and farewell despite the fact that you were busy moving and running Cheree at the same time. We will stay in contact and hopefully one day we will meet again.

Lots of love,

Thea, Carolien and also from the rest

Dankie Engela vir al julle hulp en ondersteuning. Julle hulp en vriendelikheid was en is steeds van onskatbare waarde. Jy en die span by H5 is voorwaar engele.

Groete,

Dr James en Velia Kinnear

Cheree Bejaarde Tehuis,

Dankie vir wat julle doen vir ons geliefdes. Julle liefde en omgee het my in trane elke liewe keer as ek vir my moeder kom kuier. Ek kon nie vir 'n beter laaste tuiste vir my moeder vra nie. Ek is innig dankbaar vir elke liewe een van julle. Julle opregte liefde en omgee vir julle mensies is next level! Dankie uit my hart vir jou Engela en jou hele span!

PS: julle humor is ook next level. Baie Dankie.

Tanja van Wyk

Liewe André en Engela.

Dit is met soveel liefde en dankbaarheid dat ek hierdie brief aan julle skryf. Julle was gewillig om my ma dadelik in te neem toe ek in 'n moeilike posisie was om dringend vir haar versorging te probeer kry, waarvoor ek julle altyd dankbaar sal wees. Baie dankie vir die wonderlike versorging tydens haar tyd by Cheree. Die feit dat sy in die laaste jaar bedlêend was, en nooit eenkeer 'n bedseer ontwikkel het nie, wys op baie noukeurige versorging. Baie dankie dat julle ook daar was toe ek julle genader het oor haar finansies. Julle is twee wonderlike mense wat soveel beteken het in ons lewens en ons sal julle altyd met dankbaarheid onthou. Dankie ook aan elke personeellid wat haar met soveel liefde versorg het. Ons weet sy was soms hardkoppig en lelik met hulle, maar hulle het haar steeds mooi behandel. Nogmaals Baie dankie.

Liefdegroete

Len en Erna du Toit

Baie dankie aan Engela, André, Ria, Sandra en al die personeel oor die jare.

Judith gaan ek uitsonder want sy en ouma Vonnie loop die langste pad saam. Dankie dat julle my familie was deur die jare. Woorde kan nie my dankbaarheid beskryf nie.

Ouma Vonnie was 9jr deel van die Cheree Familie

RIV Ouma Vonnie 2025/06/09. Jou liefde en warmte sal altyd in die Cheree harte voortleef.

CHEREE Gallery

Moments of Love, Care, and Compassion at Cheree Tehuis vir Bejaardes

At Cheree, we Cherish the Joy of Celebrating Life’s Special Moments with Your Loved Ones—Because Every Memory Made Together is a Memory to Treasure Forever